EENHEID EEN: BIODIVERSITEIT EN KLASSIFIKASIE VAN MIKROÖRGANISMES
Die struktuur en eienskappe van mikroörganismes
'n Studie van mikroorganismes word genoem mikrobiologie. Die woord mikro beteken klein.
Die grootte van mikroorganismes
Breukdele van 'n meter:
Millimeter
Mikrometer
Nanometer
Een Duisendste
Een Miljoenste
Een miljardste
Die kleinste voorwerp wat met die blote oog gesien kan word, is sowat een tiende van 'n millimeter
(0,1mm) lank, wat gelyk is aan 100 mikrometer. Die meeste mikroörganismes is egter kleiner as dit.
Virusse
Hierdie is nie selle nie en word nie deur wetenskaplikes as lewend beskou nie omdat hulle nie kan
respireer, voed, uitskei, beweeg, groei of op prikkels reageer nie. Ons tref viruses in die lug, water en
grond aan maar as hulle nie in die liggaam van 'n gasheer is nie, is hulle onaktief. Hulle kan egter
voortplant in spesifieke gasheerselle. Om die rede is hulle ook gewoonlik skadelik vir die gasheer en
veroorsaak hulle siektes by plante en diere. Virussiektes is gewoonlik siektes soos verkoue, griep, herpes
en vratte.
Die struktuur van viruses
Hulle is tussen 20 en 450 nm. Hulle bestaan uit DNA of RNA wat deur 'n lagie proteïen genaamd kapsied
omring word. Die proteïenskede bestaan uit proteïensubeenhede genaamd kapsomere. Die aantal
kapsomere verskil van virus tot virus.
DIE VIRUS


Can you summarise in Afrikaans



Answer :

Other Questions